Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Maandag, 19 Mei 2025
Hier is tans 124 148 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel
Vlag van Kalifornië.

Kalifornië (Engels: California, [kælɪˈfɔɹnjə], ; Spaans: California, [kaliˈfoɾnja]), amptelik die Deelstaat Kalifornië (State of California), is 'n deelstaat aan die suidelike weskus van die Verenigde State (VSA). Dit is die grootste deelstaat ten opsigte van sy bevolking van sowat 39,431 miljoen (soos op 1 Julie 2024) en die derde grootste ten opsigte van sy oppervlak (424 000 vierkante kilometer), na Alaska en Texas, asook verreweg die digsbevolkte subnasionale entiteit in Noord-Amerika. Die deelstaat grens in die noorde aan Oregon, in die ooste aan Nevada, in die suidooste aan Arizona en in die suide aan die Meksikaanse deelstaat Baja California (Neder-Kalifornië). Die Kaliforniese Kanaaleilande maak ook deel uit van die deelstaat. Die hoofstad is Sacramento, terwyl die grootste stad verreweg Los Angeles is.

Die gebied is deur stamme van die Eerste Nasies bewoon toe Europese ontdekkers die gebied in die 16de eeu geleidelik begin verken het. Die Spaanse navigator Juan Rodríguez Cabrillo was die eerste seevaarder wat in 1542 langs die Kaliforniese kus geseil het. Die eerste Spaanse sendingstasie in die gebied van die huidige San Diego is egter eers in 1769 gevestig. Dekades later het Kalifornië met die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog in 1821 die juk van kolonialisme afgeskud en deel van die Eerste Meksikaanse Keiserryk geword.

In Junie 1846 het inwoners van die gebied in opstand gekom teen Meksiko en toe die Republiek van Kalifornië uitgeroep. Dié gebeurtenisse het saamgeval met die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog tussen 1846 en 1848, waarin die Meksikane 'n verpletterende neerlaag teen Amerikaanse magte gely het. Volgens die Verdrag van Guadalupe Hidalgo is uitgestrekte gebiede in Noord-Meksiko aan die Verenigde State afgestaan. Kalifornië is reeds in 1847 aan Amerikaanse magte onder die bevel van John C. Frémont oorhandig. Op 24 Januarie 1848 het James W. Marshall naby Sutter's Mill goud ontdek. Gedurende die goudstormloop, wat hy ontketen het, het sowat 90 000 setlaars na die gebied gestroom. In 1850 het Kalifornië as 31ste deelstaat by die Verenigde State aangesluit. Kalifornië was sedertdien een van die vernaamste bestemmings vir immigrante. In 1964 het Kalifornië New York verbygesteek om die mees bevolkte Amerikaanse deelstaat te word. In die 20ste en 21ste eeu het Kalifornië veral nuwe aankomelinge uit Asië, Meksiko en die Stille Oseaangebied ontvang.

...lees verder

In die nuus
Pous Leo XIV in 2025.
Pous Leo XIV in 2025.

Het u geweet...

... dat daar altesaam vier seë is wat in Afrikaans na kleure genoem is? Dit is die Geel-, Rooi-, Swart- en Witsee.

... dat 2006 as 'n Mozart-jaar gevier is? Mozart is 250 jaar tevore, op 27 Januarie 1756 gebore.

... dat daar geraam word dat meer as die helfte van alle fotosintese wat op aarde plaasvind nie vanaf plante afkomstig is nie, maar vanaf bakterieë en alge?

... dat 'n Noord-Germaanse of Skandinawiese taal vroeër in Skotland gepraat is? Op die Shetland- en Orkney-eilande en in Caithness op die vasteland is die uitgestorwe Norn gepraat. Nadat die eilande in die 15de eeu deur Noorweë aan Skotland teruggegee is, is dit deur Skots vervang.

... dat Rosamund Everard-Steenkamp die eerste vrou is wat 'n Spitfire en straalvliegtuig gevlieg het?

Vandag in die geskiedenis

19 Mei: Herdenking van Atatürk, Jeug- en Sportdag in Turkye (1919); Geboortedag van Hồ Chí Minh in Viëtnam.

Mars 2
Mars 2

Voorbladbeeld
30+68 Eurofighter Typhoon van die Luftwaffe (Duitse Lugmag), 2016.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering