Tuisblad
Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word.
|
|
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
Voorbladartikel
Kalifornië (Engels: California, [kælɪˈfɔɹnjə], ; Spaans: California, [kaliˈfoɾnja]), amptelik die Deelstaat Kalifornië (State of California), is 'n deelstaat aan die suidelike weskus van die Verenigde State (VSA). Dit is die grootste deelstaat ten opsigte van sy bevolking van sowat 39,431 miljoen (soos op 1 Julie 2024) en die derde grootste ten opsigte van sy oppervlak (424 000 vierkante kilometer), na Alaska en Texas, asook verreweg die digsbevolkte subnasionale entiteit in Noord-Amerika. Die deelstaat grens in die noorde aan Oregon, in die ooste aan Nevada, in die suidooste aan Arizona en in die suide aan die Meksikaanse deelstaat Baja California (Neder-Kalifornië). Die Kaliforniese Kanaaleilande maak ook deel uit van die deelstaat. Die hoofstad is Sacramento, terwyl die grootste stad verreweg Los Angeles is. Die gebied is deur stamme van die Eerste Nasies bewoon toe Europese ontdekkers die gebied in die 16de eeu geleidelik begin verken het. Die Spaanse navigator Juan Rodríguez Cabrillo was die eerste seevaarder wat in 1542 langs die Kaliforniese kus geseil het. Die eerste Spaanse sendingstasie in die gebied van die huidige San Diego is egter eers in 1769 gevestig. Dekades later het Kalifornië met die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog in 1821 die juk van kolonialisme afgeskud en deel van die Eerste Meksikaanse Keiserryk geword. In Junie 1846 het inwoners van die gebied in opstand gekom teen Meksiko en toe die Republiek van Kalifornië uitgeroep. Dié gebeurtenisse het saamgeval met die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog tussen 1846 en 1848, waarin die Meksikane 'n verpletterende neerlaag teen Amerikaanse magte gely het. Volgens die Verdrag van Guadalupe Hidalgo is uitgestrekte gebiede in Noord-Meksiko aan die Verenigde State afgestaan. Kalifornië is reeds in 1847 aan Amerikaanse magte onder die bevel van John C. Frémont oorhandig. Op 24 Januarie 1848 het James W. Marshall naby Sutter's Mill goud ontdek. Gedurende die goudstormloop, wat hy ontketen het, het sowat 90 000 setlaars na die gebied gestroom. In 1850 het Kalifornië as 31ste deelstaat by die Verenigde State aangesluit. Kalifornië was sedertdien een van die vernaamste bestemmings vir immigrante. In 1964 het Kalifornië New York verbygesteek om die mees bevolkte Amerikaanse deelstaat te word. In die 20ste en 21ste eeu het Kalifornië veral nuwe aankomelinge uit Asië, Meksiko en die Stille Oseaangebied ontvang.
In die nuus
![]()
![]() Het u geweet...
... dat daar in Suid-Afrika twee plaaslike munisipaliteite met presies dieselfde naam is? Hulle is Emalahleni in Mpumalanga en Emalahleni in die Oos-Kaap. eMalahleni is ook die amptelike naam van Witbank. ... dat die heel eerste artikel wat op die Afrikaanse Wikipedia geskep is, Hindoeïsme was? Dit was op 17 November 2001. ... dat die baardskeerder-spinnekop nie 'n ware spinnekop is nie? ... dat 'n groot aantal immigrante uit Cornwall in myne in Suid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die ZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van rugby as 'n sport in Suid-Afrika. ... dat die Russiese komponis Dmitri Sjostakovitsj die DSCH- musikale motief gebruik het om homself in musieknote voor te stel?
![]() Vandag in die geskiedenis
19 Mei: Herdenking van Atatürk, Jeug- en Sportdag in Turkye (1919); Geboortedag van Hồ Chí Minh in Viëtnam. ![]()
|
![]() Vind artikels
![]() | |
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
Geskiedenis | ||
Kultuur | ||
Religie | ||
Samelewing | ||
Taal | ||
Tegnologie | ||
Wetenskap | ||
![]() Wikipedia in ander tale
![]()
| ||
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
Lys van alle taalweergawes van Wikipedia
| ||
![]() Susterprojekte
![]() | ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris.
|